Lewenspraatjies met Ouers

‘n Onontbeerlike gids oor tiener- en ouerskapkwessies

Lewenspraatjies met Ouers (Afrikaans translation of Izabella Little-Gate's, Life Talk for Parents),Die raad in hierdie boek is prakties, waardegebasseerde en grondige. en dis holistiese advies wat aan ouers gegee word"Hierdie boek handel oor al die uitdagings waarvoor ouers daagliks te staan kom. Die inhoud is uiters toeganklik. Ek het veral gehou van die “terug-skool-toe-bewerasies”, asook die raad wat gegee word vir die voorbereiding van jou kind op tersiêre opleiding. As ’n opgeleide verhoudingsterapeut in gesin- en familieverband, het ek groot waardering vir die holistiese advies wat aan ouers gegee word: dit is grondige, waardegebaseerde raad wat in ag neem dat dit belangrik is dat tieners by besprekings en die neerlê van reëls vir hulself betrokke moet wees. Ek sien hierdie boek as een wat ouers baie gemoedsrus kan gee …"     -- Dr Eve, verhoudingsterapeut en skrywer

Gedurende hul kind se adolessensie kom ouers te staan voor onverwagte uitdagings wat veroorsaak word deur faktore soos veranderende hormone, swak selfbeeld, groepsdruk, boelies, alkohol, dwelms en seksuele eksperimentering, om maar net ’n paar te noem. Daarmee saam worstel ouers ook met uitdagings van hul eie: lewensdruk, en huweliks-, finansiële en gesondheidsprobleme. Hierdie boek dien as noodsaaklike kommunikasiemiddel waarmee die generasiegaping oorbrug kan word. In ons gejaagde lewe vol stres, bied dit die nodige emosionele en praktiese ondersteuning wat alle ouers van tieners nodig het.

Die Skrywers

Izabella Little-Gates is die skrywer van die topverkoper Lewenspraatjies met ’n Dogter en Lewenspraatjies met ’n Seun (met insette van Patrick Wilson). Albei boeke is in Afrikaans vertaal, sowel as Spaans, Portugees en Chinees. Op aandrang van lesers het Izabella die Life Talk Forum vir ouers en tieners begin. Sy werk nou bykans uitsluitlik in jeugvoorligting, en verskyn gereeld as gas op jeug- en ouerskapprogramme op radio en TV.

Thomas Burkhalter is ’n gekwalifiseerde opvoedkundige sielkundige wat hoofsaaklik in die privaat praktyk werk as beide psigoterapeut vir volwassenes en gesin/familie-konsultant. Hy is ook ’n gevallekonsultant by die Johannesburg Parent and Child Counselling Centre.

 

FOLLOW US ON:

Facebook Twitter

Follow us on:

Facebook Twitter