Lewenspraatjies met ’n Seun

’n Ouer se raad oor enigiets, van passie tot sukses

Lewenspraatjies met 'n Seun (Afrikaans translation of Izabella Little-Gates', Life Talk for a Son) Die raad in hierdie boek is prakties. Izabella Little-Gates, praat openlik.Lewenspraatjies met ’n Seun volg op die sukses van die topverkoper Lewenspraatjies met n’ Dogter Izabella Little-Gates en Patrick Wilson het saamgespan om hierdie praktiese en verstandige gids vir seuns saam te stel om hulle deur die grootwordproses te lei.  Dieselfde praktiese insig in belangrike waardes soos selfrespek, integriteit en ’n gesonde houding wat van Lewenspraatjies met ’n Dogter so ’n groot sukses gemaak het, word in hierdie boek op seuns van toepassing gemaak.  Kwelvrae, uitdagings en algemene lewenskwessies waarmee tienerseuns te make kry word bespreek – van sport tot boelies, ‘doen-dit-self’-vaardighede tot seks en dwelms.  Lewenspraatjies met ’n Seun is ’n onontbeerlike boek vol riglyne en raad, gegee vanuit ondervinding, waarmee seuns vandag toegerus behoort te word.

Die Skrywers

Izabella Little-Gates is ’n bedrewe en suksesvolle sakevrou, ’n inspirerende motiveringspreker, mateurfotograaf en bowenal ’n ma.  Die briewe vol riglyne vir die lewe wat sy aan haar dogter begin skryf het om haar deur die grootwordproses te help, het uiteindelik verander in ’n versameling wat saamgevat is in hierdie boek en tot jongmense spreek.  Dit is haar tweede boek.

Patrick Wilson werk in die IT-bedryf en het al tienerfiksie gepubliseer.  Hy is die pa van twee seuns.

 

Verkoopspunte

  • Van basiese goeie maniere tot leierskap, hoe om fiks te bly tot hoe om in te pas – praktiese, erstandige raad om ter harte te neem.

  • Sestig hoofstukke – wat nie in volgorde gelees hoef te word nie – fokus op algemene lewenskwessies en moeilike situasies.

  • ’n Toeganklike instrument waarmee die generasiegaping oorbrug kan word.

  • ’n Ouer se tere wysheid en waarlik ’n les in die liefde.

 

 

FOLLOW US ON:

Facebook Twitter

Follow us on:

Facebook Twitter